KOORS/FOTOGRAFIE
twee
versamelings gedigte
BRAND SMIT
* * * * * * * * * *
*
Copyright / Kopiereg 2012 Barend J. L. Smit
All rights
reserved / Alle regte voorbehou
Smashwords Edition, License
Notes
This ebook is licensed for your personal enjoyment
only. This ebook may not be re-sold or given away to other people. If
you would like to share this book with another person, please
purchase an additional copy for each recipient. If you’re reading
this book and did not purchase it, or it was not purchased for your
use only, then please return to Smashwords.com and purchase your own
copy. Thank you for respecting the hard work of this author.
*
* * * * * * * * * *
I. KOORS
gedig,
deel een
nog
naamloos
ruimtes
brommer
kaarthuis
transformasie
onvermydelik,
miskien
dag
vol beskawing
pandhuis
twee
wat vry
was
zombie
moed
soldaat
verwagtinge
dogmatiek
hoop
gees
kind
massa
persoonlike
getsemané
vrou
(i)
toekomsvisioen
vrees
nuwe
mens (i)
as
die drade deurmekaar raak
ons
was al hier?
skeiding
niemand-land
nagwag
raat
vir slegte slaap
stille
nag
son
dagbreek
lig
wat binnedring
koors
nuwe
mens (ii)
‘n
ander soort einde
terapie
vir die agterman
waar
op aarde?
laaste
een vir jou
vrou
(ii)
piekniek
teen skemer
gedig,
deel twee
vlugteling
tydreis
*
* * * * * * * * * *
II. FOTOGRAFIE
Album,
deel een
persoonlike
bevrydingsleër
een
van drie wense
fragmente
van ‘n toekoms
fotografie,
een
held
(of mitologie, twee)
woestyn,
een
lesse
Feniks/Icarus
(of mitologie, een)
skoon
lakens
nota
hande
pornografie,
een
halwe
gedig
woensdag
skuins
sirkel
skinder
woestyn,
twee
betree
die dag
versoening
Los
foto’s uit ‘n laai
1985:
seun in die somer
1988:
beter dae
1991:
suid
1993:
kunsmatige ongeloof
1994:
vaderfiguur
1995:
gedig vir heidi
1996:
ekspatriasie (vrydagaand in ‘n vreemde land)
1997:
gedagtes op pad na ‘n kroeg in suid-korea
1998:
serenade aan die man in die huis
1999:
ek vind myself
2003:
groepfoto by ‘n teeparty
Album,
deel twee
fotografie,
twee
sink
storm
lyne
slyp
geografie
(ongetiteld)
skoene
(nog
‘n) naggedig
plek
monoloog
stammeling
[gedig
op kort kennisgewing]
pornografie,
twee
troos
wetenskap,
een & twee
fotografie,
drie
engel
stop
die
kaal bed
nie
vanaand nie
vir N.
I. verskeie faktore wat aanleiding gee tot KOORS
en die
helderheid daarna
gedig, deel een
woordelose
gedagtes merk die begin
wat vermetel,
sonder agting na my staar
soos ‘n
weduwee-maagd my daag
om my naaktheid
voor haar te baar
spat dan die ink
teen die muur!
soos kosbare bloed
laat
ek uit bleek-wit papier
die waarheid nou
roep
nog naamloos
buite:
meesters blaf bevele aan die knegte
uit
die marionette knik
arms
omhoog vir die eerste beweging
en die
massas skarrel vir ‘n beter posisie
oor
werksetiek en wysheid
dweep die
lekeprekers voort
wyl die soete vrugte
vrot aan bome ryp
vir samaritaanse
barmhartigheid
pare lê fluks in
deurnagfabrieke
stamp wysies uit vol
geykte lirieke
fondasies lank begrawe,
wag
vir ‘n toekoms vol
ruïnes
vertrek:
‘n
swerwer, ek
swerf skuif’lend tussen
mure rond
stop elke nou en dan om weer
te kyk
na die feite van my eie
sterflikheid
ek skryf-trek-dood,
skryf-trek-dood
aan tot-nou-toe
titellose boeke
preek half-waarhede
steeds onwillig
vir almal wat voorgee
hulle kan verstaan
soek in al die
tyd steeds na my eie naam
in die
weerkaatsing van die werklikheid
ruimtes
sokrates,
formulerend aan sy nuutste manifes
was
by die kruispad tussen nêrens en bestemming
tussen
veraf kontinente en geboorteland
toe hy
ontmoet ‘n soeker na die waarheid, en identiteit
sokrates
het geduldig na die man geluister
sonder
om ongevraagd ‘n antwoord te verklap;
die
soeker het beskroomd by sy edel poging vasgesweer
om
te probeer om dit wat hom bestem was, te ontsnap
versigtig,
so het hy gedink, het hy met elke sin gekeer
dat
sy redes sy mond as dwaasheid sou verlaat;
onbeleefd,
dog onvermyd’lik het sokrates weer
in
die arms van warm onbewustheid aan die slaap geraak
die
soeker, wat gemeen het sokrates sit net diep en dink,
het
voortgepraat oor planne, drome, visioene!
en
toe hy uiteind’lik stop en in die rigting van sokrates knik
ontwaak
die denker soos ‘n dooie van ‘n diepe slaap
sy
tong en lippe droog van woorde sluk
maak
hy hewig keelskoon en rys sy hande na die lug:
Liewe
susters, broers en kamerade,
ons staan
vandag voor jammerlike dade
want sien
ons kan soms nie anders as om te verlaat
ons
families, vriende, bekende huis-en-haard
ten
spyte van ons beste argumente
kom dit
weereens hierop neer:
die bewoording
van ons eie manifeste moet
ons soms op
onbekende plekke af gaan rond
dat ons
uiteind’lik op eie terme en op eie grond
die
konstellasies in ons ruimtes kan bemeester
brommer
verontwaardig
skrik die brommer wakker
skud sy vlerke
vies en vol pretensie reg
vir ‘n
oomblik loer hy na die boemelaar
en
vlieg dan lui en ongewillig weg
met
‘n sug gaan sit die man
vuil vingers
vroetel tussen ou koerante
bring na vore
suurlemoenskyfies en ‘n stukkie vis
die
brommer hou beleefd sy afstand
vir ‘n
oomblik... en vlieg dan terug
kaarthuis
post-adolessente
idealisme het geïnspireer
my gereed
gemaak vir cause en rewolusie
maar dié
wat veronderstel was om te weet
het
beweer die rewolusies is verby
en die
causes tot konklusie toe gestry
“ontspan,
have some fun,” het hulle bly resiteer
en
tog
ek kon sweer ek moes in opstand
kom.
maar nou bou ek self ‘n
kaarthuis
op vervalle ideologiese
ruïnes
gebruik soms opgegaarde ou
klassieke hout
as ek ‘n fotoraam of
boekrak kort
tog vir substansie is dit
noodgedwonge maar
die hedendaagse
baksteen-staal-en-glas
van die
sosio-kulturele middelklas
(johannesburg,
1998)
transformasie
tot
bloed op plekke wit uitslaan
soos sout
op ‘n kadawer of koorsagtige gesweet
sal
die proses van ewolusie transformeer:
van
oorlogheld tot akker-boer
priester tot
profeet
van marko polo tot
familieman
kluisenaar tot nar
van
martelaar tot laksman
offer tot
besetene
van toordokter tot ateïs
tot
die velle wie jy is
dun begin te
raak
en bloed op plekke wit uitslaan
sal
die proses van ewolusie transformeer
onvermydelik, miskien
kinderliefde,
is wat ons dit altyd noem
en ‘n kind
was jy, net soos sy
kras en onbeleefd,
kom die werklikheid altyd later
om jong
siel-en-vlees se verwagtinge te versteur
alleen,
en na plekke verder as tevore
sal jou
pogings tot vernuwing jou nog lei
tussen
die menigte en deur menige verhouding heen
sal
jy jou uiterste probeer om minder om te gee
tyd
sal soms diep in ou vergete slote delf
en
jy sal, nadenkend in noodwendige berou
onthou
hoe dinge vroeër in jou lewe was
sal jy
jou spore dwaas, dog vol oortuiging terug wil volg
spaarsamig
met beloftes en verwagtinge sal jy
die
saak versigtig, van alle kante af benader
sy
sal met teerheid luister as jy praat
en
vir die oomblik, sal net die hede saak kan maak
maar
skryf dit neer, as jy erns maak met hierdie sake
graveer
dit op ‘n stuk metaal wat die waarheid sal bewaar
skakerings
van emosie verander met die jare
en
weldra sal wat vroeër vir jou duidelik was
weer
in nuwe helderheid aan jou geopenbaar word:
dat
‘n toekoms sonder haar, altyd onvermydelik was
dag vol beskawing
die
elektroniese toestel langs my kop begin
onverwags en
ongeskik met sy meganiese geraas
ek
kruip moeg, onwillig, brommend uit die bed
om
weereens te begin met my beskaafde rituele
elke
haar noukeurig word van my wange afgeskeer
die
nag se sweet en vuilheid weggeskrop
en
dan noodwendig, want dit kan nie anders nie
moet
ek klere soos ‘n masker oor myself drapeer
kort
voor nege is ek driftig aan die gang
my
gesprek alreeds steriel, my reaksie kamoefleer
stem-karikature
klets my ore moeg
terwyl die sogenaamde
“baas” my gedrag en woorde bly dikteer
letters
op plastiek in uniforme handskrif
vel
industriële prosa op die skerm voor my neer
ego’s
word subtiel gepoets om te kan styg
op
die allesoorheersende ambisie-leer
kort
na ses is ek een met ‘n eenton stuk metaal
stop-ry-stop
sukkel ek deur stad-na-voorstad spitsverkeer
en
elke honderd of so meter word ons almal deur
flikkerende
aan-af rooi-groen-geel gereguleer
uiteindelik
terug by wat ek noem my huis
gaan ek
meganies deur nog ‘n aandroetine
probeer
ek, soos gewoonlik, om my siel en vlees
na
‘n fraksie van normaal te rehabiliteer
maar
vanuit my murg en diepste wese kom
‘n
kreet uit die kele van my verste voorgeslagte nader
‘n
wekroep in ‘n taal wat ek soms dink ek nie meer verstaan nie
aan
‘n mens in my wat ek soms vergeet, elke dag bestaan
en
ek sien: ek worstel teen koue donker rots
‘n
gyselaar in ‘n geëlektrifiseerde neon grot
ek
smeek pateties en vergeefs om uit te kom
en
pleit daagliks verlossing van ‘n oerou god
hierdie
mens, hierdie manifestasie van myself, wil vry wees
sy
vlees nie onderworpe aan die modes van sy tyd
aan
niemand, aan geen maatskappy wil hy behoort
geen
koord wat smoor die smagting na sy vryheid nie
so
jaag ‘n duisend reïnkarnasies deur my vlees en bloed
my
ewolusie van oerheid na post-moderniteit
en
na die rewolusies van tyd en van masjien
van
maatskappy en hoe slawe hulle meesters dien
leef
ek weer
leef ek, maar onvry
*
* *
en na sewe en ‘n halwe ure val
ek weer
uit die koma-slaap van nog ‘n
nag
sal ek van vooraf weer begin met
my beskaafde ritueel
sal ek weer ‘n
keer my voorgeskrewe rol moet speel
sal
ek nog ‘n dag moet leef soos gedikteer word
sal
ek weereens sê en doen soos dié wat oor my wil regeer
of
sal ek hierdie dag begin met die oortuiging
dat
verlossing uiteind’lik net in myself te vinde is.
pandhuis
Op
pad, die pandhuis vir gebruikte siele
waarskynlik
my uiteind’like bestemming
My bestaan
wat blyk verstryk te wees
moet ek gaan
inruil vir:
Die lewe van ‘n
soldaat?
‘n Huursoldaat,
miskien?
Gewapend en gereed om die
waarde te meet
van vlees en bloed in
dollars en pond
Of ‘n musikant wat
tot die vroeë
oggendure rondsit in
donker kroeë
‘n Kitaar vir geselskap,
en lirieke poëties gekrap
op
papierservette vol olie en sous
Of
dalk ‘n atleet, ‘n swemmer, ‘n rugbyheld!
Roem
en glorie! En natuurlik sakke vol geld
“Vergeet
‘it!” blaf ‘n stem van agter ‘n rak
(die
eienaar: oubaas, grys baard, oë wat deurboor)
En
net toe ek spore wou maak
breek hy wind,
en laat weer van hom hoor
“Jy’t
gevind wat jy soek, al is jy verlore
‘n
Laaste geleentheid bly net vir jou nog beskore!”
En
ek luister aandagtig, miskien is daar hoop
Maar
hy spoeg op die vloer, en kom nader geloop
“Ek
hoop jy’s bekend met ‘n toonbank en til
En
wat jy nie weet nie, sal jy nog leer
Ek
is oud, en moeg gesluk aan dié bitter pil
Want
ek was soos jy, maar nou is ek vry.”
twee wat vry was
ons
het heeldag op die strand gelê, ek en sy
sonder
woorde het ons na mekaar geluister
ons
het dronkgeword op goedkoop brandewyn
en
mense het net kop geskud, en agteraf gelag
want
ons was halfgeklee maar skoongewas
vry
soos kaalbaskinders op ‘n somersdag
langlyf
het ons in haar kamer op die bed gelê
en
ko’s doenit was al wat ek vir haar en sy vir my wou sê
maar
ander kere weer het sy geskree
van kyk
na ander vrouens, en wegloop met ‘n ander ou
want
al pas ons bymekaar, halfnaak en ongewas
bly
ons vryheid tot ‘n mate steeds onaangetas
vyf, ses
ure het ons langs die pad gestaan
ons
duime in die lug, ons oë gefokus op die horison
en
toe ons uiteind’lik saamstem om te loop
is
sy terug huis toe, en ek vat toe ‘n ander pad
want
as ons net mekaar bevry van eensaamheid
vou
ons ‘n groter vryheid in mekaar se arms vas
zombie
my
stem weerspreek my woorde
en later sien
ek in jou oë
dit wat ek soek
is
nie meer vir jou verborge nie:
dat
as die wêreld vry was
ek jou graag sou
wou leen
om te kon voel hoe dit sou
wees
as almal vry en ongebonde was
*
* *
so dwaal ek deesdae weer
deur
vreemde drome en ek vra:
is ek nog
steeds die priester,
of is ek ‘n
zombie onder jou mag?
want ten spyte
van die droom
tree ek op soos ‘n
vrome
wag ek skynbaar passief op
bevryding
vroeg in die oggend, of laat
in die nag
moed
i
laat
een nag staan ‘n maagd
op ‘n
opgemaakte bed vol bloed
uitdagend kyk
sy na die man
tog, selfs met ‘n lem in
haar hand
lyk sy onseker, weerloos en
bang
ii
die
skare se geraas dui aan
die eerste
rondte is reeds ingelui
die bokser
sit egter steeds asof hy rus
asof hy op
iets beters wag
dan kyk hy skuinsweg
eenkant toe
klim dan deur die toue, en
stap weg
iii
en
so breek my moed
soos ‘n sagte
vlies
(die verlamming tree in)
as
ek sou kon kies
sou ek dit wou herwin?
soldaat
in
die dooie grasveld lê ‘n soldaat
sy
moraal is hoog, sy sake agtermekaar
sy
kneukels wit om sy nuwe geweer
patrone
wat blink in sy leer bandelier
sy
voorraad patrone klap vroeg
teen klip,
rots en kamoeflering
en die soldaat, met
homself aan die praat, besef
sy
berekenings het hom in die steek gelaat
koesend
vir koeëls en waarskuwingskrete
kruip
hy verward met sy hoed in die hand
om
pynlik verleë te bedel, ‘n patroon of twee,
‘n
bietjie koffie, en miskien ‘n handvol twak
(johannesburg,
1998)
verwagtinge
dalk
is dit vanaand die einde
dalk eindig die mistroostigheid
en reën
en dalk is dit voldoende rede
om – wie weet? –
miskien vannag die
vensters oop te beur
en as ek lank
genoeg kan wag op woorde
kan ek weer aan
ou papiere nuwe lewe gee
maar as ek
dit nie kan verhelp nie
en later
uitgeput in diepe slaap verval
sal die
digter-god miskien genadiglik
vir my ‘n
openbaring bring in drome
sodat ek in
die vars en vroeë oggendure
die stilte,
die leegheid wat ‘n nuwe dag soms bring
op
woordelose velle kan verdring
dogmatiek
i
uit
woorde het lewe gekom
een en een is
saamgebring
saam het hulle meer
geword
oop was die begin, en die
begin was skoon
maar voete het begin te
loop
om en om die middelboom
vrugte
het bly vra na holtes in die maag
antwoorde
het bly sluimer
soos slange in die
gras
ii
en
adam en eva het van die boom geëet
vir
‘n oomblik hulleself verlustig
en toe
hulle versadig rondom hulle kyk
het dit
geblyk dat hulle nakend was
iii
vierduisend-en-vier
jaar later
struikel ‘n sondaar
ongesiens
eens geblinddoek deur die
blinde oormag
staar sy oë beneweld na
die lig
aan ‘n see van dom
gesigte
huiwer hy nie vir ‘n oomblik
om te uiter
woorde van kennis en van
kwaad
en die gesigte keer opeens,
gespanne na mekaar
iv
adam
vra toe die gerespekteerde meester
wat
van as jy een – kom ons sê soos ek –
moes
blootstel aan die dogma van geleerdes
waar
sou so ‘n – sondaar? – homself uiteind’lik vind
vir
‘n oomblik sit die meester diep en dink
antwoord
soos sokrates toe in diepe wysheid:
“soos
jy sekerlik moet weet, meneer... van Eden?
het
vrae die neiging om laatnag te kom spook;
so
vertel my eerder waar het jy geleer
om
soveel vure sonder vlamme te laat rook?”
hoop
êrens
brand ‘n leemte wit
skoon, asof daar
nooit iets anders was
maar spore lê,
soos oor verbrande gras
soos
voetpaadjies na dit wat sy geheim wou hou
geraamtes
wit gebleik
spook steeds in haar
kas
haar enkelbed te klein
vir
wat sy doen om aan te pas
bly sy nog
hardkoppig sit
op haar voorstoep vol
verdriet
dring steeds aan om haar
gedagtegang
met wanhoop te bly
voed
steeds weier sy om weer ‘n
keer
die moontlikheid te ondersoek
van
bloedrooi vlamme brandend
in die
agterkamer van haar hart
gees
sou
ek, as dit nie was vir spermsaad en eiersel
vir
ewig net ‘n gees kon wees?
sal ek,
wat eens net ‘n gedagte was
getransformeerd
die ewigheid betree?
kind
wat
doen die kind
as die wêreld om hom
werklik word?
wat doen hy as die wolwe
aanhou huil
en hy versoening toenemend
soos verstrikking vind?
word die
kind voortvlugtend
of keer hy in
homself?
sal hy in elk geval verstaan
as
hulle hom skaam, of anarchisties noem?
en
as hy die wolwe nie kan mislei
of hulle
van sy reuk ontspoor nie,
sal dit werk
as hy stukkies van sy siel wegsny?
sal
die wolwe se bloeddorstige aptyt gaan lê?
kan
hy dan gaan sit, kan hy eenkant wag
tot
die gefragmenteerde siel grys klippe vorm?
mag
hy glimlag as die wolwe dan waansinnig
soos
besete varke by die krans afstorm?
massa
ek
sien die kroeg se deur swaai oop
en ‘n
man kom ingestap
kyk na die opsies, bestel
iets en gaan sit;
sy drome en sy vrese
ken ek nie
ook sy ambisies en sy foute
traak my nie;
hy’s naamloos en van
geen belang vir my.
tog, iets aan
hom herinner...
kyk hy nou na my?
*
* *
“vroeër vanaand het daai ou
hier ingestap
soos ek het hy bestel –
iets om te eet, iets om te drink
en toe
op daai plek gaan sit;
sy drome en sy
vrese ken ek nie
ook sy ambisies en sy
foute traak my nie;
hy’s naamloos, en
van geen belang vir my.
tog, iets
aan hom herinner...
en hoekom kyk hy so
na my?”
persoonlike getsemané
laat
een nag het hulle na die Tuin gegaan
plek gesoek om te rus,
te wag, te bid, onder ‘n vollig-maan
Hy’t
gepleit dat hulle saam met hom moet waak
maar
hulle’t een-een aan die slaap geraak
eers
het die verraad gekom, en later die verloëning
en
toe, uiteindelik, die einde.
nou
dring die vraag homself na vore:
was
Hy in hierdie ure steeds dieselfde Skeppergod
selfs
al was Hy bang, onseker, en alleen?
vrou (i)
die
telefoon breek skerp
die onuitstaanbare
eentonigheid
sy stap na die kamer wat sy
weet
soos sy, ruik na eensaamheid
‘n
enkel gloeilamp verlig
die mure van die
gang
sy volg gedwee haar spore terug
vee
ingedagte oor haar wang
buite skyn
‘n straatlig, maar
haar gordyne stuit
teen enige lig
sy sug: dinge kan net
beter raak
al moet sy stry teen
beterwete
toekomsvisioen
die
verwarde gesig
van vervreemding staar
terug
vanuit die dowwe spieël
kom
die vraag na herkenning:
“Ek?”
tog,
‘n vroeër weerkaatsing
forseer hom
uit ‘n soortgelyke tyd
een wat na jare
nog steeds
‘n ander toekomsvisioen
bepleit
vrees
traag,
vol stuipe sterf die stadsverkeer
die
strate oplaas verlate, die stegies leeg
net
hy, hy alleen, die enigste oorlewende –
so
voel dit immers op ‘n aand soos dié –
stap, op
pad na niemand-weet-waarheen
warm neon vol beloftes
lok
soos ‘n kombuis, soos ‘n herinnering
hom nader aan
‘n nagkafee –
wat, soos hy binne vind, reeds ontdek
is:
twee ander wat oënskynlik ook oorleef het, by ‘n tafel
hy
bestel koffie – “ekstra melk, los‘ie suiker” – en gaan
sit
slaan swael tot vlam, trek rook uit
nog ‘n sigaret
behalwe vir die twee
wat skaars oorleef het
is hierdie plek
ook leeg, maar hy weet dit kom
hy weet
dit móét, soos altyd kom
môre-oggend
dan, op die laatste?
sal dit insluip, by
‘n opgeknipte venster
‘n geslote
deur, deur warm beddegoed
sal dit hom
oorval, in helder koue daglig
soos dit
moet, soos hy dit verwag
nuwe mens (i)
‘n
donker beeld weerkaats
‘n stilportret
teen bleekwit mure
in hierdie doofstom
ure word hy,
‘n nuwe mens, opnuut
gebore
as die drade deurmekaar raak
opsie
een:
opsoek na plek of hawe, sekulêr
of heilig
waar ek oor die see kan
staar
opsoek na ‘n plek waar ek
veilig... voel
my drade deurmekaar? dan
kan ek daar
my vermoedens soos lanterns
uit laat vaar
en wag: vir rede, of ‘n
doel
vir wat oneg is, en wat waar
ek
veilig voel
opsie twee:
elke
nag verbeel ek my ‘n warm hoekie
waar
ek my gedagtes kan verloor
en wanneer
mens-en-dier die roepstem
van nog ‘n
nuwe dag aanhoor
sal iemand my daar
vind
sal iemand my gedagtes dan met warm
hande
weer aan my sinne vas kan bind
ons was al hier?
hy
kom haar tegemoet
dié keer met ‘n bos
wit rose
sy omhels hom sonder
woorde
soos soveel keer tevore
die
restaurant is vol geboek
maar sonder om
te aarsel bedui hy na die verste hoek
en
soos vele kere in die verlede
bestel hy
vrugtetee en sjokoladekoek vir twee
hy
rangskik sy woorde en sy sinne
soos
gewoonlik, selfbewus en oorversigtig
wonder
by homself as tyd geweeg kon word
of die
goeie meer sou word, en die slegte altyd minder
maar
die stilte word versteur as die bestelling arriveer
“twee
stukkies sjokoladekoek, vrugtetee, meneer?”
hy
knik snobisties, sonder om iets weg te gee
begin,
soos altyd, weer sy woorde herrangskik
“as
ons, soos ek nog wou sê, oor alles dink
sou
hierdie effens vreemde spel nie wel –
al
is dit dan vir niks meer as ‘n oomblik!
dalk
ons moeite waardig blyk te wees nie?
“sou
dit help, sou dit dinge duideliker kon maak
as
ek die uitlating moes maak, of moes beweer
dat
ek deesdae – selfs op dae soos dié
minder
dink soos... toe als nog... anders was?”
maar kort
voor lank is sy koek en tee weer klaar
weet hy, soos
soveel ander kere in die onlangse verlede
dat
hy moet gaan waar sy weer vir hom sal wag
met
‘n bos wit rose, en ‘n einde sonder woorde
skeiding
ek
soek vanoggend, warmte
in raamlose
foto’s van jou
maar van al wat ek
notisie neem
is ‘n landskap wat ons
van mekaar vervreem
en ek
onthou:
van al die kere toe jy wou
vertel
dat sou ons paaie skei
ons
net die goeie, en die samesyn
as merkers
vir mekaar moet laat
sodat as ons
dit nie kan vermy nie
ons weer mekaar se
spoor – verwaai deur wind,
verbleik
deur tyd – kan vind
oor ‘n dorre,
mensgemaakte woesteny
niemand-land
in
die afgemete jare tussen hier en daar
tussen nou
en later, lê uitgestrek
‘n oop veld,
‘n oseaan, ‘n wildernis vol tyd
en
‘n land so onbekend soos gister was
laasnag
nog sou jy wonder oor die wysheid
die
waarde van verdwyning, van anonimiteit
om
weg te gaan van daar waar jy bekend was
waar
jy kon geleer het om uiteindelik in te pas
maar
vanoggend het die waarheid
onbeskof en
bloots voor jou kom lê
nakend soos die
tyd toe jy nog naamloos was
toe almal
nog oor jou gewonder het
sou jy of
enige iemand ooit kon dink:
dat jy
jouself uiteind’lik sou kon vind
in ‘n
plek waar jy bekend aan niemand is
maar
waar almal wat mag wonder weet
dat jy op
reis, op pad na êrens is
en jy wens
jy kon dié wat nie verstaan, vertel:
dat
hierdie niemand-land, soos middagstilte
jou
toelaat om onbeslommerd te kan droom
om
te kan praat oor wie en wat jy werklik is
sonder
om te twyfel, en sonder om te skroom
(taiwan,
1999)
nagwag
soms
hoor jy dié wat propageer:
“al
verjaag die son die nag
en verblind die
lig met nuwe krag
wag die maan in
stilte
volkome in haar bitter prag”
en
jy hoor ander antwoord:
“huil,
want die dag is dood
alles wat lewe raak
stil
en die nag lê vol onheil
van
die waarheid ontbloot”
en jy hoor
ander verder vertel:
“ons hoor
honde blaf tussen drome
ons sien messe
glim, ons hoor ‘n sug
en luister ons
fyn, hoor ons ‘n siel
soos ‘n ster
in die donker verskiet”
en hulle
kruip terug, rusteloos
met hul rug teen
die muur
en teen die tyd wat die dag
weer kom
sê hul oë, moeg en
versonke:
“huil maar, want die nag
is dood”
maar ek?
sommiges
sê ek vrees die lig
dat ek sukkel om
die donker waters van die nag
verblind
deur my drome, te oorbrug
hulle sien
die fort waaraan ek bou nie vir wat dit is nie
dat
ek myself lankal aangestel het om die wag te hou
tot
die nag, ontwapend, in stilte vlug
raat vir slegte slaap
een
manier om dit te vermy:
slaap dood,
droom lewe.
stille nag
die
skemerblou gordyn val wulps
soos water
val bedek dit skaars
die grou woestyn
van nog ‘n nag
(hoor ek reeds die
oggend lag?)
nagtegale sing
sporadies voort
die nagtrein spot,
ooreis die siel
speel spoor teen spoor
steeds
in malle stryd af,
een-teen-twee
die oggendster lê
intussen jags en wag
om nog ‘n dag met
ywer te bevrug
die nag-demone, spoke,
woorde sonder drome
lê reeds in
onveranderbare terme neergevel
dis
drie-uur-vyfuur-twaalfuur
pleit die
doodsuil op die dak
dan steeds in
bygeloof bekoring?
maar ek bly
prewel, skree half onbesonne
ek fluit
besete, raas soos stormwind
ek vloek
onwrikbaar steeds die donker in
want
word hierdie nuwe dag
ten spyte van
verwagtinge
dan nie te vroeg gebore?
son
i
buite
skyn die son, geel en vuil
soos vlekke
teen ‘n vuilwit muur
en die wind waai
grys en sonder spyt
soos ‘n
halfwaarheid tot bitter stof
later
kom die storms en die reën
spoel dit my
sondes na buite
al weet ek net een
seisoen later
sal dit ses keer kwater
weer ruk aan my ruite
dood: as ryp
op my gras sal dit lê
sal dit wag soos
die winter se son
koue strale sal skel
teen my naam
en ek sal, verbleik, begin
kyk na die maan
ii
ek
sit hier binne, rooi soos bloed
jy stap
in, geklee in ‘n warm gloed
en ek wat
daagliks soek na presies sulke goed
wou
jou nog vra, waar koop jy so ‘n pragtige hoed?
dagbreek
my
slaap is deurmekaar/vol melodieë
my
wakker kom/deur donker lae...
DAN!
met
die donderklap van deure
sien ek
lig:
sit ek penorent op my
matras
vleis en been, ‘n stukkie
siel
‘n bietjie ongesonde intellek
en
‘n polsend nuwe ritme...
waar eens
net stilte was
lig wat binnedring
geraamte-vlees,
atoom-vol-siel
sal ek eerbiedig kniel
en
instem dat dit ál kan wees?
dan
dink ek aan ‘n kind
die onskuldige
gelag;
teerheid in die woorde
van
een wat jou bemin;
hoop in dinge steeds
onsigbaar;
die angs wat nuwe liefde
bring
: idees wat aanhou spring
tot
die geheel daarvan jou binnedring
koors
sewe
vrouens in ‘n wilgerboom
het my
gedempte geroep gehoor
een maanlose nag,
toe ek koorsig
op die
dak van ‘n huis sit en droom
soos
‘n ma oor haar kind
het die vrouens
hulle oor my ontferm
met sewe paar arms
my onrus gestil
en my teruggedra na die
aarde
en terwyl ek toe lê op die
gras
sing hulle in ‘n engele-koor:
jy
blaas ‘n sterwende kool aan in die as
as
jy bly vashou aan wat jy verloor
nuwe mens (ii)
laat
op ‘n soel agtermiddag
sal hy na lang
gewag arriveer
sonder omhelsing of blye
gelag
sonder om name of plek eers uit te
sorteer
sal hy in ‘n skadu gaan
dut
en dan aan die voet van ‘n
standbeeld gaan sit
rustig, sonder
gejaag, kou aan ‘n vleispastei
terwyl
hy peinsend kyk, na die middagverkeer
‘n ander soort einde
die
reuk van sonwarm staal
hang soos stof
oor die stasie
die trein het minute
gelede vertrek
maar hy staan steeds
daar, minute later
hy dink terug aan
die einde
bereik uiteind’lik weer die
begin
en ‘n glimlag, ten spyte van
alles
breek versigtig oor sy gesig
en
toe draai hy om:
‘n ander begin
dit
weet hy verseker
wag dié keer op hom
terapie vir die agterman
stadig,
warm, en met ‘n bietjie geduld
is hoe sy die liggaam, en liefde
benader
sy sien, maar is nie beïndruk met klas of ambisie
en
sy ly nie aan ‘n oorlas skaamte of skuld
sy
klop vroeg in die oggend
kom terug, soos
jy gehoop het, laat in die aand
sy
verklaar sy’s geen mannekyn nie
haar
bagasie beskeie, en te min vir enige skyn
sy
sê sy kom net vir koffie
maar as jy
wil, sal sy bly
sy sê sy verstaan al
jou sondes
jy hoef in woorde – niks te
bely nie
(johannesburg, 1998)
waar op aarde?
vlekkelose
liefde – het jy my belowe
geweet geen
ander kan dit aan my gee nie
en jy
vertel graag van plekke
waar geen hek of
deur ons ooit sal keer nie
so neem
my, sê sy:
na jou fort in die
buitedorp
neem my weg van die
glinster-gesigte
weg van mense wat
honger bly hunker na dit
wat ons weer
sal vind
laaste een vir jou
adriana
maria, hoe vreemd voel die pen
tussen my
eens geoefende vingers
noudat ek weer ‘n
rympie noteer
oor ons wat die paaie van
liefde saam wou verken
sal ek raai
dat ook dié literatuur
deel sal word
van jou binnekamer se muur?
sal die
woorde en sinne op hierdie papier
op ‘n
vreemde manier met vergete ou briewe kan rym?
hoeveel
keer het ek nie gevind
dat ek een na die
ander gedig, aan jóú naam verbind
altyd
gewonder of jy ook wil weet
of mens ooit
kan vergeet van soveel jare se skeiding
nietemin:
met
hierdie reëls word my laaste versoek gerealiseer
om
te sê dit gaan goed, en as dit dan moet
laat
my toe om met hierdie gedig
oplaas, van
jou inspirasie afskeid te neem
vrou (ii)
twee
figure langs mekaar
rustend, tussen
lakens en ‘n veerkombers
ambulans-sirenes
en ‘n hond wat blaf
motorkar-alarms
gons eentonig aan-en-af
staan halwe
koppies koue tee
vergete langs haar
bed
sy word wakker, vind ‘n
sigaret
kyk sonder gedagtes tot diep in
die skemer
oor die donker geboue
skitter ‘n enkele ster
en op die hoek
flikker in neon, “Deurnagkafee”
dan
sien sy die halwe koppies tee
en ‘n
glimlag skemer deur
piekniek teen skemer
koue
waatlemoen lê ryp en oopgekloof
op die
grasgroen, effens vogtige kombers
vanaand gun ons dit
onsself, ‘n bottel kaapse wyn
en
so ook daarmee saam, ‘n liefdesvers soos dié
ons
tye saam, dit kan ons nie ontken nie
was
nie altyd son en varsgeplukte blomme nie
maar
die waarde van pieknieks in die skemer
daaroor
stry ons deesdae ook maar min
want
verliefdes verskyn van nêrens en begin
‘n
stoflied vir die laaste son te dans
liefhebbers
van die laaste lig kom uit
en speel
snaarinstrumente in harmonie:
‘n
edel komposisie, tot oproep van die maan
‘n
loflied, vir die laaste styfskop van die dag
gedig, deel twee
die
begin was gedagtes
die slot, ‘n
feilbare masker
die vraag het ek
nogtans gewaag
myself as ‘n mens sal
ek nou openbaar:
vlugteling
ek
vlug weg van wat ander noem die lewe
my
oortuigings bly ‘n potloodskets
my
redes vaag en meestal ongeskrewe
tog bly
ek hoop dat die gode my onskuld sal vergewe
want
die dag, die uur, die maand, sal kom
dit
weet ons van die eerste reël, die eerste strofe
wat
ek terug sal wil kruip, dalk dié keer gereed
agter
woorde wat rym, dog vermom
tydreis
soos
nog ‘n verhaal disintegreer
vra een
van die wilgerboom-vroue, of
ek weer sal
probeer
en ek knik sonder
skroom
met die waai van haar hand,
knip ek my oë
is ek weer daar waar ek
dink
dit alles begin.
persoonlike bevrydingsleër
vyfhonderd-en-een
weerbare weergawes
kom een-vir-een en
rigtingloos verby
in kolomme van
persoonlikheid
in rangorde van eer
begin
hulle geesdriftig te marsjeer
by
bekende plekke, en soms onbekend, stop die leër
die
redes soms berekend maar nooit gekontempleer
beskawing,
soos hotelle, vul die lewe met gemak
vermy
hulle sover as moontlik, en word hulle vermy
stap
tot die lig tot duisternis vergaan
vuiste
word vol bloed onnodiglik gevee
konflik
word gesoek, met rede nooit gegee
gerief
en luuksheid orals net te duur
sal hul
soos een man met die vroegste oggend-uur
weer
in opstand rys, om die toekoms in te tuur
lojaliteit
word gesweer aan geen enkele figuur
bly
vae oortuiging lig en vuur
bly die aarde
bed, en wolke die plafon
sal hierdie
bevrydingsleër sy lot besweer
en
voortmarsjeer in begeesterde kolom
een van drie wense
oomblikke
van nugterheid baan
die weg tot ‘n sin
van die vreemde
‘n realiteit waar ek
werklik bestaan
asof ek tasbaar deel
is
of deel is van dit wat onaantasbaar
is
noodsaaklikheid wat my bewuste
deurdring
bewus van vervreemding wat my
van binne af vul
soos net ‘n kind, of
‘n sterwende lewe ervaar
asof ek
reeds dood is
dood, of minute gelede
gebore is
oeroue drange tot
oorlewing slyp
die punte van my vingers
om te gryp
na enige erkenning dat ek
leef
asof ek geketting is
geketting
deur wat ek weet, of my eie vrees
fragmente van ‘n
toekoms
i
oor
die woestyn lê verstrooi
drome,
simbole, metafore van ‘n toekoms
nog
bevrore jare – koud en sonder lewe
maar
in verstikkende hitte, hard aan die ontdooi
ii
uit
juweel-belaaide slote kom die dwase
wat
verslane helde sonder skaamte bly vereer
ook
banggatte van weleer wat hulleself bekeer
tot
‘n vars broeisel profete, priesters en baronne
‘n
toekoms, sonder gelyke en ongekarteerd,
of
so word daar in elk geval, telkemaal beweer
fotografie, een
volrond,
tande geslyp, kom sy weer ‘n keer
ontwaak
my in die middel van die middag-uur
slaap
tot die nag haar roep
onvergeeflik
steeds die enkelwese
duur bly die lewe
wat nie gekoop kan word
en banke loop
steeds oor van bloed en vlees
maskers
wond die gees
slyp vingers tot vlees,
dring diep, penetreer
die hart van sake
tot die been, elke keer
* *
*
tragies roep sy dan: “antwoord
jy nie, my skat?”
ek trek die koord
vaster om sewe paar enkels
doop hulle in
bloed; noem dit nooit moord
rooi
lint bind haar hare vaster
en vas sy
steeds tot honger
histeries gryp na
lus
onklaar lê sy dan,
rus
tot oudheid, skerp geslyp met tyd
haar
liggies aan haar skedel klop
* *
*
“ontwaak, my kinders! die tyd is
ryp!
ons almal weet wat kan gebeur, maar
kom ons vlug
versigtig, want dit mag
blyk die regte tyd te wees!”
“ons
weet, ons weet!”
roep hulle aaneen
deur die nag
“ons almal weet wat
gebeur, maar die tyd is ryp...”
*
* *
bomme ontplof
ons
lot nog nie volbring
verdwaal ons deur
drome
luister na die reën
vroegdag
drup die water steeds
martelend in pype
af
my ruggraat steeds die skag
wat
praat met jou wat my ontspoor
* *
*
“krete?” wonder ek, “of huil
sy?”
geluk van sekondes steur die
pyn
van korte duur is plesier
vlamme
van passie, doof
en blind vir begrip
wat
haat beteken wéét ons net
as dit
aanhou drup
* * *
goue
missiele lê op die kaai
grimeer die
wange, maak mooi die gesig!
al prut-prut
die lig – in pers, of in rooi
want
soos húlle paar diere
ewe onseker
weet
nie van kennis, of van die rede
* *
*
ure dwaal verdwaald
vroegnagure
bots teen middaguur
laatnag eet sy
steeds
ontbyt met wyn en water
sy
streel haar slape
dink verlangend aan
klere vergete
oor stoele, tafels, oop
kaste getuig
van niks behalwe
verskonings
* * *
hy
sien haar staan, leun sy skouer teen
grond
vars van laatnagreën
sy kyk, wonder of
hy weet
bedremmeld, natgesweet
druk
vyf knoppies op ‘n slag
deure
vasgegrendel, swaar woorde gil oor dood
offer
hande in gebed, ore rooi soos bloed
papier
verfrommel, geskend, gebrand
in die rommel: blaai,
klik-klik, boem! blaai...
liefde
ruik soos sweet
jy weet, en braak
ontnugterd, eerlik
sweerlik nie weer
nie!
een is seker, twee is meer
en
wysheid verdwyn deur die krake
* *
*
wat dit noodsaaklik maak om te
sê:
ontmasker jouself!
bevry
die gekluisterde priester
want aan
die einde kan niemand wat hoor dit ontken:
swart
op wit of kleur
fotografie is altyd
beter.
held (of mitologie, twee)
voetbrug
oor ‘n barre veld
die held kyk dié
kant toe en daar
en klaar gedink trek hy
aan sy belt
en weet: iets aan dié plek
maak hom naar
voel-voel vat hy
aan
sy swaard wat ligweg brand
sy
skild geskilder met ‘n son en maan
swaai
hy agterdogtig na sy regterkant
“Was
dit ‘n draak?”
peinsend loop hy
verder, kouend aan ‘n stukkie gras
wanneer,
wonder hy, het hy die nuus verneem
en of
die einde van die draak ooit saak sou maak
sou
hy in sy opdrag hier moes slaag
“want
is drake nie bedreigde diere nie?
ook
hulle, het mos nie gekies nie
hul vete
teen die mens tog nie onredelik nie
sou
ons nie ook in vuur wou spuug nie?”
by
die voetbrug oor die veld (droog, eens rivier)
dink
hy aan ‘n plan, ‘n manier
om die
natuur ietwat te verander
dink hy:
troeteldraak, of miskien ‘n sirkusdier?
die
held slaan kamp op langs die brug
wag
nag en dag, eers geduldig, dan weer opgewerk
as
die draak maar net haar opwagting wil maak!
slaap
hy aan-en-af, onrustig, knaend dromend
toe, op
die sesde dag
kom sy, onverwags
die
held gryp in die rigting van sy skild
sy
swaard te swaar om vas te vat
sy lippe
lyk of hy wil praat
sy hande of hy
keer...
maar sy woorde, soos sy
vlees
word deur haar haat en vlam
verteer
sy lot besweer as lid van die
bedreigde spesie
sy siel tot skadu-spore
in die barre veld gebrand.
woestyn, een
aan
my voete kleef die sand
my hande deur
die teer gebrand
die woestyn bring
altyd
helderheid op warm paaie
smelt
my gedagtes aanmekaar
brand begeertes
nie meer
vir sommige dinge wat kom
wat
kom oor ‘n mens se pad
sonder
versuim verlaat jy die stad
geen maat of
metgesel, die woestyn
wat altyd, sal
altyd, helderheid bring
in
mens se denke
lesse
koudheid,
liefde
skemerkelkies, reën
witgeverfde
tande
knersende geween
blydskap,
hartseer
sterre en prinsesse
spartaanse
handeklap
stoïese prosesse
lesse
om te leer
ongeskikte mooiheid
woes
en deurmekaar
noodsaaklike
gevriesdheid
bring ons
bymekaar
vriendskap, merkers
toetse,
vrae
geldetiek van werkers
peste
wat bly pla
Feniks/Icarus (of
mitologie, een)
Feniks:
verwaande
stellings maak sy bymekaar
neem stelling
teen foutiewe sienings en verklaar
dit
onaanvaarbaar, nie goed genoeg nie, maar
as
hy kan ophou lieg, vir homself en ook vir haar
as
hy te meer, bereid is om te bieg
homself
neer te werp, miskien ‘n bietjie grond te soen
dan,
en dan alleen, kan hulle dit die “feniks” noem
maar
na twee dae skrik hy wakker
waar hy op
my rusbank lê en slaap:
“Ekskuus, my
mitologie is deurmekaar!”
Icarus:
mitologiese
voël het te hoog gevlieg
te na aan die
son en sy vlerke verbrand
maar dieselfde
ambisie het met sy kop bly toor
as hy
maar hieroor kon lieg
want almal
weet sy nes op die rand
het lank reeds
sy naam verloën
en hy kan nie anders as
om te bieg
dit is waar – wanneer hy
kies, is dit altyd sy eie kant
So:
Fok die Feniks, dan
want dis nie emosies
nie, is dit? Dis straf.
skoon lakens
nuwe
bladsy, frans
of duits, ek hang oor ‘n
krans
is daar dan niemand om my te red
nie?
tog, ek het vanaand skoon lakens op
my bed
ou koerante, foto’s
of
berigte, ek lees nie meer nie
en dis dan
so vroeg; is niemand dan nog wakker?
my
wit vlag buite, wuif of wapper
gebreekte
TV, glas
of buise, dit pla my min
sal
ek nog ‘n glasie groentee skink?
verbrande
hout, verhoudings, alles as
vals
musiek, klassiek
of pop, alles maak my
siek
sal ek maar, bang of dapper, bed
toe steier?
wie kan tog die reuk van
vars gewaste lakens weier?
nota
Genoeg
rede.
Tyd vir nog ‘n gedig:
Ek
dra nog steeds die klere
van my vorige
lewe.
Ek sit nog steeds
dieselfde
opgestopte stoele vol.
Ek
droom nog steeds dieselfde
ou, geykte
drome.
Ek skryf nog steeds
dieselfde
notaboeke vol gedagtes.
hande
i
jong
mans en dames sien sy in die park
deftig
uitgevat, glinster hulle, soos kristal, of glas
maar sy
self bly onsigbaar, onaanraakbaar
sal sy
voortgaan om haar eie hande vas te hou
stap
sy deur die strate, pratend met haarself
wil
amper roep vir iemand om te help
kyk sy
honger rond vir slote of vir gate
sy
moet tog weet: die tyd kom al hoe nader
luukse
motor draai stadig om die hoek
skyn sy
ligte op ‘n weelderige ou gebou
sy kyk
weg, begin haar een hand uitsteek na die ander
in
haar verslete jas se uitgerekte regtermou
ii
sy
sien kaalvoet seuns en meisies in die park
maar
sy self is uitgevat, haar juwele glinster teen haar vel
tog
wil niemand na aan haar begrip of deernis wys nie
sal
sy noodwendig dan haar eie hande vas moet hou
ry
hul deur die strate, haar gedagtes hou sy vir haarself
sy
kon uitroep, as sy wou, vir iemand om te help
selfs
rond begin te soek vir pille of ‘n hospitaal
sy
moet tog weet: die tyd kom al hoe nader
hulle
luukse motor draai stadig om ‘n hoek
skyn
sy ligte op die weelderige ou gebou
sy
kyk weg, begin haar een hand uitsteek na die ander
in
haar warm jas se ander mou
pornografie, een
sleutelbeen
en skouers
lippe, neus en ore
naaltjie,
vel, ‘n moesie
voete, tone, geld en
ouers
hare, handdoek, wasbak
ooghare
en oë
hande, vingers, naels
boude,
borste, ontbytpap op ‘n rak
nek,
ken en sagte wange
knieë en kuite
mond,
tong en tande
ek kan wag vir nog ‘n
bietjie langer
halwe gedig
(...)
verskyn
die volgende toneel:
tien kakkerlakke
kruip uit die meel
kom nader aan die
plek waar ek lê,
bevloerd, sou mens
amper wou sê
of moeg, in die stof
in geploeg
sonder siel of vlees in
sig
bitter soos gal, mal soos ‘n
nar
kan hierdie dalk dien, as ‘n halwe
gedig?
woensdag
(01:54)
proviand
is reeds aangeskaf
môre vertrek ons:
rusland toe! vladivostok!
gesigte op
die TV, soos elke ander nag
hou sonder
ophou aan met lag, maar...
hong kong of paternoster,
sien jou later!
havana beter reg wees want...
hier kom ek, kamerade!
(13:02)
goedkoop
noedels saam met vis
niks uitspattig nie, net die
gewone tipe uit ‘n blik
die musiek
soos altyd opgewek, nie eers ‘n snars bedees
maar
ek sê steeds: gereed of nie, hier kom ek!
papiere,
boeke vlieg
ander se penne mag dalk
lieg
maar uit myne drup die
waarheid
(gewoonlik in my sak, in
permanente blou)
stopsels op my
kennebak
my tong is rou
gebrand.
hier kom ek...
skuins
geblinddoek
soos ‘n mol
hol sy deur ‘n
tonnel
man kom angstig agterna
geboeide
voete, bespring hy haar
sagte woorde
word geprewel
wemel soos wurms oor haar
rug
hy bekyk haar, half beneweld;
stap
hulle, sy met blomme, oor ‘n brug
sewe
kinders later, ‘n dekade
sit hulle
kruisbeen, peinsend op ‘n stoep
probeer
die smaak onthou van kos en water
hoor
konstant, uit die strate, ‘n geroep:
“stap
die ordinêre pad as die gewete pla
antwoorde
kom in elk geval eers jare na die vrae
feite
bind ons, verdoof, verblind ons –
kinders,
braaivleis, room en skons...”
en
aan die einde bid boemelaars vir huise
bannelinge
droom van huis toe gaan
niks oortref die
vrede van ‘n eie tuiste
beste dan vir
eers, om nie te ver te gaan
sirkel
sy’t
die weefsel van sy sirkel
wat sy gedink
het, tydelik
agterweë gelaat
hy
het hard probeer
maar kon dit nie
verhelp nie
sy sirkel het homself
geheel
gesluit, en haar
aan
die buitekant gelaat
skinder
jy
kan dink net wat jy wil
vir ander vertel
soveel as wat jy kan
jou stories gaan in
elk geval
begin om dun te klink
so
dink net wat jy wil
woestyn, twee
maande
later, in die grys woestyn
die kleur van
skyn, skreeuend, helder, en ek
kan dit voor
my oë nie duld, of voor my siel verduur nie
so
noodsaaklike beleefdheid
– terwyl my
gesig vertrek van pyn
(of irritasie) –
bloei die helder kleur
uit my wange as
ek weer woestyn
vir die bont skakerings
van die stad verlaat
betree die dag
my
podium staan douvoordag op eie grond
gedagtes
vir die dag moet ek nog formuleer
elkeen
vir homself is dalk die norm
soveel te
meer moet ek myself dan transformeer
so
gee ek oor die leisels van die nag
skraap
bymekaar wat ander elke dag verwag
begin
op ‘n drafstap saam te storm
tot ‘n
kommerfrons eerbiedig oor my voorkop vorm
ek
bestel vroegtydig my ontbyt
van ‘n
handgeskrewe spyskaart
laat dan my
opinies wyd en suid
klingel soos
klokkies van my weekoubaard
want wat
mense weet van neigings en van aard
kan
in stof geskryf word op ‘n ongewaste ruit
sou
mense ooit wou vra na raad
sal ek dit
aanbied met genadelose nugterheid
versoening
versoening
na die tweegeveg
kom soos verskrikking
op die digter af
sonder tyd kon hy nie
dink
aan woestyne, skyn, pad of stad
of
enige iets meer verskrikliks nie
(1985)
seun in
die somer
‘n kamer, ‘n huis,
‘n groterige dorp
‘n radio, en
ritmes vol verlossing
‘n voortuin,
verlepte blomme en ‘n hond
paaie om die dorp: een loop
oos, die ander suid
en treine
kom net elke ander dag verby
maar
die kamer word ‘n poort
‘n venster
na verlossing van ‘n ander soort
en
met flitsende kitare word die seun gelei
deur
die warm stiltes van die somer
(1988)
beter
dae
i
die uitdrywer van
muckleneuk beweer
gesukkel met geld en
die bank se krediteure
is dalk ‘n
vloek van sondes onvergeef
“Begin
weer die proses! Bekeer julleself van vooraf!
Die
feite van geloof sal julle weer moet resiteer –
want
onheil skuil te maklik agter elke kamerdeur!”
behoort
pa en ma hierna nie meer te kla nie
kan ons
gedweë ons plekke inneem op die kerk se banke
en
daarna gespanne tuis gaan wag op beter dae
ii
sê
die predikant van muckleneuk se vrou sy glo
as
die seun bly luister na elektriese kitare
sal
sy ore dreun as sy vir hom advies wil gee
en
sy hoor hy was gebore in ‘n katolieke hospitaal
en
was die dokter werklik joods?
dit klink,
so meen sy, na sondes onvergeef
‘n
vloek waarvoor die ouers nou betaal!
so
‘n goeie voorstel sal dus wees
dat hy
homself van vooraf weer bekeer
sy ouers
help dat hul op deurgewerkte knieë nie meer
hoef
te pleit vir uitkoms nie, en vir beter dae
(1991)
suid
na
die berge
na ou geboue, na die see
waar
strate net soveel soos ligte blink
waar
troos – op ‘n manier – in donker stegies wink
sal
die eens verlore kind die ritme van die lewe vind
(1993)
kunsmatige
ongeloof
die onafwendbare het
uiteind’lik gerealiseer
die skuldige
“ek” het ‘n nuwe krisis ontdek
die
moses van valse bewering, die onoorsteekte rubicon
die
grootste vrees wat ‘n valse ooit teë kan kom
hernuud
word daar weer
na vroeëre
veronderstellings teruggekeer
en aan die
einde kom wel ‘n wedergeboorte
al word
‘n ander waarheid dié keer geleer:
volg
naarstigt’lik die spoor, hou vas aan die hoop
bly glo in
dit wat meestal onsigbaar is
selfs dit,
al stry jy daarteen,
wat soms in valse
gedaante verskyn
(1994)
vaderfiguur
min
besittings op sy naam, maar staande sal hy bly:
die
man met die grys-wit bles, en die ronderige maag
hardkoppig,
met ‘n skerp verstand
oë wat kwaad
sien, maar weinig huil
lewenslus wat hom
vir ewig kan laat stap
al kon dit hom
van swaarkry nooit help skuil nie
jy
kan sy naam deurhaal en hom net ‘n nommer gee
maar
hy sal met harde hande oor die rooi ink vee
werklikheid
mag soms die dikste vel deurboor
maar
geloof in sy eie vermoëns het hy nooit verloor nie
want
selfrespek vereis ‘n harde kop by tye
al
moet mens tot ‘n mate ook jou hart verskans
oë
wat dieper kyk sien dinge soms vir wat dit is
selfs
al sien jy dan jouself met min in jou twee hande
(1995)
gedig
vir heidi
somers brandend op die
siel
die winters net te koud
siende
dat ons weet die lewe is ‘n wiel
raak
ons net elke ander dag benoud
koerante
in die hoek lê opgefrommel
geleende TV
op ‘n grys geroeste trommel
die
badkamer is groen van al die vlekke
en
op plekke is die mat al deurgetrap
op
die balkon, tussen klere op die wasgoedlyn
sit
ons tot laat met ‘n goedkoop bottel wyn
bende-skote
knal soms uit die dal
ek bly meestal
rustig, al sê jý ek maak jou mal
op
die bruin ou bank sit ons en rook
en in
die kombuis is water aan die kook
die
melk in die koelboks is weer vrot
maar
daar’s popcorn of spaghetti in die pot
so
jy sien in hierdie plek
raak ons net af
en toe benoud
al brand die siel
en
bly die winters koud
(1996)
ekspatriasie
(vrydagaand in ‘n vreemde land)
i
waterige
bier, amerikaanse sigarette
gelowiges
wat wierook opstuur na die maan en
die
veraf silhoeët van expat slette maak
hierdie
onmiskenbaar, nog ‘n vrydagaand
marilyn
monroe slaan haar arms om my
haar pienk
bloes, haar soet parfuum is dalk te veel, maar
haar
omhelsing aangenaam en op die regte tyd intiem
en
my kop begin alreeds te draai
ritualisties
om halfeen
druis Abba teen almal se
beginsels in
maar op die vloer en op die
tafels
dans almal soos net dronkes
kan
enkelinge kom en paartjies
waai
kort na twee is die vertrekke vol
gelaai
teen drie praat almal gretig
saam
oor politiek, kultuur en die
stygende prys van bier
ii
vroegoggend
vries my voete vas
in ‘n systraat
drink ons koffie
my een hand soek koud
na sigarette
die ander hand vou warm om
die koppie
iemand sê iets oor die
lewe
sy aksent is duits, sy woorde
oud
ek wou iets waag oor liefde of oor
seks
maar selfs goed geformuleerd, was
die opinie steeds te rou
dae
verander, oggendson begin
die koue
skemer breek
ek drentel na die naaste
hoek
en waai ‘n taxi nader wat
klandisie soek
ek mompel in ‘n
vreemde taal
iets wat sê dat ek wil
huis toe gaan
en ek sluit my oë vir nog
‘n nag se beelde
wat oorverdowend in
my kop bly maal
(1997)
gedagtes
op pad na ‘n kroeg in suid-korea
in
ag genome my geloof
in vitamiene C
eet
ek verbasend min lemoene
maar ek gooi
wel suurlemoene by my tee
my taal in
hierdie vreemde
is ‘n herberg vol
verlede
tussen vreemde tale in oorvol
kroeë
hoor ek net my eie monoloë
ek
probeer myself oortuig
dat om hier te
woon mens moed benodig
maar ook dat net
‘n lafaard
soos ek, so lank hier sal
vertoef
(1998)
serenade
aan die man in die huis
(deur een in
die bediende-kwartiere)
hoofvertoning:
hey,
property owner! landlord van die werf!
ek
kyk, en sien jou status, jou sukses
ek
sien ook duid’lik my eie pad, my eie huis
my
growwe ligpienk mure, en joune wit geverf
hey
landlord, oorkant in die grootmenshuis!
ek
sien lig in jou sitkamer wat nog brand
hoe
lyk dit met ‘n bietjie ketelsop en sigorei
en
‘n kuier saam met die ou aan hierdie kant?
hey
landlord, baas, meneer!
jy sê jy’s
net so aards en ordinêr soos ek
verskil
is wel, jou vryheid is, anders as in my geval
nie
wortelloos, rigtingloos en onbeperk
na die tyd:
my
senuwees sal seker binnekort begin kalmeer
so vir
tyd en wyl sal ek nog sit en wonder
watter
dag of week blyk mees geskik om op te pak
en
watse pad sal my die snelste van hierdie ligpienk mure weg kan vat
(1999)
ek vind
myself
ek vind myself weer op ‘n
straathoek
met ‘n ou sak, flenterjas
en nuwe hoed
ek staar na die verkeer wat
om my spoed
en die kantoor-gesigte binne
wat onophoud’lik kloek
ek delf
weer in my sak opsoek
na paspoortfoto’s
in ‘n vyfjaar-oue notaboek
ek vind ‘n
sigaret, laat dan eers die karre boet
vir
my longe teen dié tyd swart vol roet
‘n
wind steek op en waai my nuwe hoed
straat-af
na ‘n onbekende hoek
ek hardloop
agterna maar gly op ‘n stuk koek
en
toe ek opkyk vind ek waarna ek soek
bo
my hang ‘n multi-kleurige doek
ek is
so bly ek wil sommer vloek
die naam
onder die doek gee my weer moed
want dis
die staatskantoor waarna ek so lank al soek
ek
krap weer met verbysterende spoed
in my
sak na die vyfjaar-oue notaboek
want die
paspoortfoto’s binne in sal verhoed
dat
ek myself weer sal moet soek op ‘n onbekende hoek
(2003)
groepfoto
by ‘n teeparty
Welkom, geagte
dames en menere
welkom by my
langverwagte teeparty!
Voor ons
voortgaan laat my toe
om almal aan
mekaar tog voor te stel:
Op die
rusbank sit Tyd
en op sy skoot sit sy
geliefde Ouderdom
Op die rottangstoel
sit Lot
en sy ou beminde
Lot-se-Vrou
Daar by die
geelhouttafel staan
Gene Oorgedra, saam
met Vrou en Nuutste Nageslag
en sommer
op die mat sit my jeugvriend Manie
en sy
verloofde Kompulsiwiteit
Hier kom
nou ook ingestap, die hele span
Ou
Armgat Hangup, en Neef Ongeloof!
Selfs
my Swaers en hulle vriende Swaarder Dra!
Tee
kan maar bedien word! En ‘n stukkie koek...
Is
enige een braaf genoeg om die Eregas te roep?
fotografie, twee
“blomme,
snuffel bye uit hul neste
vou oop en toe
met die koms van die gety
kondig
dagbreek aan in die ooste en die weste
verskaf
die reuke wat ons so graag vermy
seemeeue,
kraak gordyne voor die blou lug oop
skinder
onbeleefd oor ‘n nuwe spesie vis
sit
foto’s en gedigte op beskeite kaaie vol
patrolleer
die waters, een oog op die kus
arende,
sweef waardig bo hul koninkryk
klap so
nou en dan ‘n vlerk, bekyk die vlaktes
sien
hul prooi op verre afstand raak
verjaag
die haas tot anderkant die kaktus”
:
alles
letters van die alfabet
geskommel en
geskuif
slegs dié keer nie oorlaaid met
smart en vraag
as digterlike stuk beslis
gewaagd
maar nie ‘n langtermynprojek,
soseer
net fotografie, vir nou
in
die natuur se kleur
sink
almal
hardloop weg, die rotte vlug
hy is...
soos sy skip wat sink
met plegtige
respek kom die salutasie
middelvinger in
die lug
trek ‘n blokfluit uit sy
gatsak
speel ‘n doodspsalm, keer
die
golwe met sy voorkop
kalm spoel die
dieptes
lewe die fontein van
oorvloed
manna, kwartels,
eilandstiltes
in wysheid byt hy, met
vlymskerp tande
in die soete vlees van
tweede lewe
so kom maar aan
verraaiers!
kruip maar nader
spotter-skare!
een vir een sal julle
voor die werklikheid moet staan
en as
julle oë dit nie kan sien, en julle ore nie kan hoor nie
laat
ek dit dan uitskree om dit in te sink:
DAAR
SAL ALTYD LEWE WEES!
selfs vir die
enkele oorlewende.
storm
storms
stu my voort
my groteske beeld te
groot
om in ‘n sleutelgat te pas
‘n
kas te klein en te benoud
‘n goue kou
te fyn en veels te koud
ek storm voort
in woeste vaart
met wandelstaf en dagou
baard
lyne
my
weerstand amper afgemat
my hand
halfhartig om die pen geklem
lyne in
die stof is reeds vertrap
haar vloed
deur my verbeelding amper uitgewoed
maar
steeds pas haar goed soos bloed
in die
gange van my hart
bly haar kwaad ook
steeds ‘n lem
in die sagste vlees van
my skouerblad
slyp
skuifel
stom in stowwerige spasies rond
maak
asbakkies een na die ander
vol en weer
leeg; bekers vol koffie
vars bottels tee
van die deurnagkafee
ou stoele gee
mee
die gewig van aandlug versuur
in
die aangesig van afwesige lig
wieg ek
vorentoe-en-terug, vorentoe-en-terug
blyk
dit mens moet soms
jou kloue trek uit
die modder van tyd
meer filosofies moet
wees
oor die gewag tot dinge weer
draai
so as dit nie anders kan
nie
moet ek van vooraf my somme weer
maak:
een duisend sewe honderd vyf
en
tagtig een duisend sewe honderd
vier
en tagtig, een duisend sewe honderd
drie
en tagtig, een duisend...
nagte
sonder jou.
geografie
nuwe
behuising trek
lyne skuins oor my
planne
my oë op skrefies tuur ek
deur
ander vensters na bure se mure
veronderstel
ek weet van meer
as net lewe en dood en
pype vol muise
sou ek die preke van ouds
kon memoriseer
het ek te veel geleer van
oumenstehuise
ek loer soms te diep
in die bottel van tyd
skryf notas op
vloere met potlood en kryt
byt soms ‘n
knippie te veel
af van geel-verouderde
reëls
na nuwe behuising moet mens
soms trek
die werk van ‘n man soos ‘n
vrou mos nooit klaar
maar ek skryf maar
my lyne en hou maar my bek
trek my oë
op skrefies tot volgende jaar
(Sondag,
14 September 2003)
(ongetiteld)
ek
voel myself
onverantwoord’lik na aan
jou
minder as jou
teenwoordigheid
onvoorwaard’lik na aan
my
ek voel te meer
myself
onaangeraak
terwyl ek lewe binne jou
*
* *
veertig ton gebeure swyg
verdoof
my liefde as’t ware
sal ek ooit,
solank ek leef, die byl ontdek
wat
kappend my al soveel jare jaag?
skoene
op
pad na ‘n kafee, sien jy dit weer:
‘n
woestyn, in die middel van die see
jy
wil nadersluip, kruip, anderkant toe mik
maar
tyd en plek is ‘n skoen wat druk
jy
dink oor koffie, koop dan tee
praat van
uithou, aanhou, gee dan mee
wil
verwilderd “nee” sê, knik dan “ja”
knipoog
kamma-koel, vlug dan weer verdwaas
soms
sê ek jy gee te maklik in
te min sien
durf en waagmoed as talent
swerwers
slaan graag tent op in die nag
klap
swepe douvoordag teen bome vas
sê
tog jy wil saamgaan, sê tog jy wil slaap
sê
tog jy’t genoeg gehad, sê tog eenmaal “ja”
vermoed
‘n bietjie, glo, wik en weeg maar weer
want
hierdie tyd en plek, druk veels te veel
(nog ‘n)
naggedig
ek sloof my af,
maar
die nag bly ‘n bodemlose
skag
soos ‘n myner van ‘n skoner
aard
grawe ek na woorde, lig en
beelde
gepaste metafore bederf deur
skyn
staan soos heiliges reeds oor my
oopgekerfde graf;
terwyl ek op ‘n
drafstap soek na dagbreek
breek die pik,
die graaf, die hysbak na die lig
en
bly ek
steeds
vasgevang
in
nog ‘n naggedig
plek
i
ontstuimig
brand die vorm
laat die inhoud vars,
onaangetas
klere van ‘n ander eeu
hang
onderstebo in my antieke klerekas
kyk
aandagtig na die strate, markte
vroetel
bietjie rond in hawestede
sluip kaalvoet
snags deur halfverligte stegies
vou jou
toe in ‘n boemelaarskombers
te
veel preek graag oor spreuke lank vergete
sings
vals psalms oor verdoemde ou idees
rym
dogma in met nuwe wetenskap
steel slinks
oornag, woorde uit ‘n kerker-biblioteek
ii
dosyne
agterkinders, groter ouers voor
portrette
teen verlepte mure, skyn halfhartig voort
boeke
vol museums en ou geboue
sketse in ‘n
duisend gange vol gedagtes
herinner
slegs, sing melodies sonder stop
priesters
dans met ou karosse gedrapeer
oor
skouers hangend onder die gewig
vyftigduisend
jaar se soeke na ‘n waarheid
hou in
dreungesang aan om te dikteer:
dat
plek en wete
nie net is waar jy
behoort
maar waar, aan die einde
die
siel behoort te wees
monoloog
kyk
in my oë
sê of jy lewe sien
ek
kyk, en sien vuur,
en moegheid miskien
stammeling
draf
deur netelbosse
rol soos wind
ek
is die natuur, die vuur
die lig se
kind
tog vind ek snags
en
soggens veels te min
wat seker, vas,
geanker is
om my geloof en hoop aan vas
te bind
liefde moet dan tog
die
antwoord wees
ons is tog immers meer as
siel
ons is ook vel en vlees
so
rol dan soos ‘n tolbos nader
voel die
wind aan my gesig
ek is die vuur, die
aarde
ek is, helaas, soos suurstof en
soos grond
want ek, soos jy, stam af
van donker
maar noem die lig my pa en
ma
gebore uit dieselfde oere-skande
volg
ek daagliks my verlossing na
(12/04/04)
(die krag is afgesny, so dan skryf ek maar nog ‘n
gedig)
nog ‘n paar gedigte binne
my
sou ek so miskien die reëls
oorskry?
as ek ‘n klomp gedagtes
bymekaar moet flans
sonder om te wag op
die gebruiklike woestyn of krans
so,
met of sonder inspirasie
en sonder om my
hande rou te wring
kom bloot ‘n poging
om die tyd verby te kry
want dis immers
vrydagmiddag, en die krag is afgesny
[gedig
op kort kennisgewing]
geluk is
brood en botter
liefde is my seun en
dogter
onkunde ‘n kennis, en kennis is
my vriend
hoop die meester wat ek graag
wil dien
inspirasie word dan plegtig
opgeroep
beter rymstruktuur is wat ek
soek...
(‘n paar minute later)
ek
sweer ‘n vrou het pas uit die wasmasjien gestap
sy’s
besig om nou koue water in die bad te tap
maar
die huis is donker en ek ken nie meer die pad
en
‘n vrou soos sy sal dalk my klere vir haarself wil vat...
pornografie, twee
treine,
busse, en ‘n motorkar
verkeersligte en
paaie
winkels, kroeë en ‘n
haarsalon
klere oor ‘n naakte
vel
kantore, restaurante, en ‘n
hospitaal
platforms op ‘n
stasie
kelnerinne, klerke en die
res
maak dat mens soms beleefd wil
skel
beddens, tafels, en ‘n
stoof
lakens, kussings, en ‘n
wolkombers
toilet, kombuis, en (as jy
het) ‘n nice balkon
so sou ek die
reëls graag wou verstel
troos
ek
kalligrafeer jou naam
oor die landskap
van my siel
tatoeëer jou sonskyn en jou
storms
oor die beend’re van my
hart
jou naam weergalm oor die
vlaktes
soos ‘n duisend kore in die
nag
dring diep in donker grotte
tot
by wesens skugter vir die dag
ek
hoor jou naam gefluister
deur die skares
in die strate
herken jou naam en wese
elke slag
in my gedagtes en die woorde
wat ek uiter
so, aan die einde moet
ek dit beken:
al stel ek soms myself
verwaand bo hierdie sake
dat jóú
bestaan my eie naam bevestig
en jou
teenwoordigheid so na aan my
my die
vertroosting bied wat ek benodig
wetenskap, een & twee
i
vanoggend
breek die voorbladnuus
oplaas is dood
nie meer te vrees nie
ons eie vlees kan
ons nou kies
en dit dan vries, om later
voort te leef
ii
die
lewe is soos wetenskap
liefde een plus
een
verdriet ‘n kleiner syfer, skat
as
jy moet gaan, my los alleen
ons tel
die goeie bymekaar
trek af die negatief,
my lief
want wiskundig is dit tog te
raar
om al die elemente bymekaar te
skaar
‘n goeie lewe is soos
wetenskap
vriendskap, liefde, haat so
min
as moontlik vir ‘n hoopvolle
begin
al verwar die einde met verlies,
en somtyds min gewin
fotografie, drie
al
is dit slegs fragmente van bome en van vlees
van
gesigte laggend teen ‘n agtergrond vol groen
van
geboue afgeëts teen ‘n horison beroemd
vir
wat al was, en nog kan wees
staan
haar kamera gereed op driepoot-staander vas
sy
meet die lug, die wolke, die skepe en die son
sy
weet dat tyd vir net ‘n oomblik sal weerkaats
op
dit wat sy vandag hier vas sal vang
kamera
en film sal elke man en vrou en kind
vir
jare aan haar kamerdeur en mure vas kan bind
sal
almal se gesigte, almal vreemd vir haar
deur
die dekades nog vir haar bly frons en lag
sodat
wanneer tyd sy spore
oor haar eie lewe
loop, sy kan onthou
sy’t tyd vir net
‘n oomblik
in haar twee hande vasgehou
engel
ek
dink sonder woorde
aan jou elke dag
ek
sien sonder beelde
jou gesig in die
nag
tyd gaan verby, en
ek
voel sonder hande
na jou lyf elke
slag
omhels jou met arms
strak
langs my sy
en die tyd gaan verby
stop
so
dis die einde:
eers die koeël
die
val
die lig
en
dan:
‘n bewussyn
maar
van niks?
die kaal bed
die
kaal bed vries die siel
maar voor
asemrowend skone beelde
staan die
liggaam steeds gekniel
resiterend aan
goed geformuleerde eergebede
rede
kneus die voorgeskrewe doel
maar wys ook
deur die dag en lange nag die pad
sluit
oop die deure na
wat geslagte reeds
begrawe lê
die dobbelsteen in stof
geweek
sal respek by sekere groepe nooit
kan kweek
wie nie waag nie bly steeds
lê
want die lewe is ‘n weddenskap,
word daar steeds gesê
tot stof en
alles en nog wat
op my kosmiese
getuigskrif bly die klad
draai die
blaaie, tel jou somme op
son en sterre,
sewe hemels bo my kop
op ‘n kaler
bed kom slaap
na diep bepeinsing oor die
mure en plafon
kon sy een maal bly tot
donker ure
kon ek selfs voorgee dat dit
saak sou maak
haar trane vlek die
kussings van satyn
merk die pad wat ons
sou stap
krap wonde tot die rouste
vlees
net in ‘n ander wêreld, sal ons
vry kan wees
seine op die bed, flits
bewussyn wakker
dansende gesigte, lywe
kruipend
smee hul bande met my
enkelheid
word die toneel met elke
oomblik sagter
platoniese seks met
geblinddoekte minnaresse
ontbloot my rug
vir die onvermyd’like messe
rowe en
littekens as kommoditeit weer uitgeruil
uiteindelik
sal ook dit ‘n nuwe tyd ontketen
sal
die kaal bed uiteindelik iets meer beteken
as
die verdowende alleenheid van ‘n enkel-lewe
sal
my mees gevreesde oomblik arriveer
sal
ek geboorte gee aan ‘n emosielose wese
tog
bly die kamer leeg, word die lakens valer by die dag
waag
sy kanse, meer as enige tyd in die onlangse
verlede
bly
die kas gesluit, my ongesproke woorde steeds haar buit
skryf
ek steeds dieselfde strofes oor en oor
skryf, tot
die eentonigheid daarvan my kop deurboor
maar
al wat ek deur die geweeklaag hoor
is
die rymende psalms oor verlore liefde
tot
die kalmte van slaap weer oor my spoel
gesprekke
soos serenades by my venster
of
wakkerword-gebede voor my deur
lewer af
die dag soos ongekraakte oggendblad
die
swart en wit, die kleur van nugter waarheid
ek
stoot teësinnig al die minnaresse grond toe
mompel
jammer-sinne in dieselfde rigting
wil
vuilgesmeerde note uit ‘n hempsak trek
onthou
dan die omgekeerde rolle van die laaste nag
‘n mens
sou die uitspraak dalk kon lewer
dat een
wat situasies kompliseer, soos hy
een
wat moontlikhede systap, of bloot ignoreer
‘n
bed soos dié ontvang as sy verdiende loon, dan nie?
maar
genade val soos ‘n gordyn vol stof
aanvanklik
bitter op die tong en longe
laat strepe
maanlig val soos valse hoop
oor die bed
van lakens en pretensie weer gestroop
geloof
in liefde, en in die waarde van vermaak
want
hierdie bed sal eersdaags weer ‘n nuwe rol betree
verhoudings
in die pyplyn wat weer sin sal maak
wat
nuwe rigting en waarde aan ‘n mens se lewe gee
sal
die bed, simbolies van die liggaam en die siel
weer
albei oproep uit die dieptes waar mens kniel
sal
jy op die punt waar jy glo jy kan nie verder
jou
blind staar aan die gesig van ‘n asemrowend skone beeld
nie vanaand nie
geloof
veronderstel die anker
soos twee stelle
spore op die sand
leef elke dag sonder
vaste wete
elke dag...
maar
nie vanaand nie
hoop bly dit wat
steeds onsigbaar is
soos goeie tydings
slegs ‘n dagreis ver
leef elke dag
sonder doel of rede
elke dag...
maar
nie vanaand nie
liefde dring
meedoënloos voort
soos die maan die
water trek na haar
leef elke dag sonder
om bewus te wees
elke dag...
maar
nie vanaand nie.
* * * * * *
* * * * *
Brand Smit:
Gebore
op ‘n wintersnag in Pretoria in 1971. Reis saam met sy familie deur
Suid-Afrika vir die grootste deel van die volgende 15 jaar. Eindig
weer op in Pretoria, waar hy matrikuleer in ‘89.
Na
matriek betree hy die Universiteit van Pretoria. Gaan voort met die
nodige opleiding om sy lewe te kan slyt as ‘n produktiewe volwasse.
‘n Jaar later vertrek hy Kaap toe.
Na
vyf jaar van leer om te dink volg hy die enigste pad wat redelik blyk
te wees na hy daaraan gedink het. Twee jaar in Suid-Korea maak hom
gretig om die res van sy lewe in die land van sy geboorte te
spandeer. Ses maande in Johannesburg volg. Hy verlaat weer sy
geboorteland – dié keer vir ‘n stad in die suide van ‘n eiland
in Noordoos Asië.
Lees meer:
BRANDSMIT.NET